Opinion

Beswaar teen trokke wat Noordweg gebruik

Die verkeersafdeling moet asb antwoorde verskaf.

• Anoniem skryf:

Ek wil hiermee amptelik beswaar maak teen die groot trokke wat Noordweg gebruik om by ‘n sekere maatskappy (Wilmar Pan) uit te kom

Noordweg is ‘n beboude gebied en sulke groot trokke behoort geensins toegelaat te word om hierdie pad te gebruik nie.

Ek is seker ek praat namens die inwoners van Randfontein wat elke dag hierdeur geraak word.

Daar is ‘n duidelike bord ‘n paar meter wat wys 5 ton.

Waar is die hoof van die Verkeersdepartement? Waarom word daar niks daaraan gedoen nie?

Die paaie is alreeds in ‘n haglike toestand.

Die Verkeersafdeling moet asb antwoorde verskaf.

Die Herald is in die proses om die betrokke partye te nader in dié verband. Hou beslis die volgende uitgawe van die Herald, en/ of ons webwerf dop – Ed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button