Local sportSport

Lizerie maak haar merk op internasionale atletiek

Lizerie Ferreira sal haar puik atletiek talent op die proef stel waneer sy in die Ukraïne gaan deelneem.

Lizerie Ferreira het al reeds in die verlede gewys dat sy in staat is om die atletiekbaan te domineer, maar dit is nie vir haar die einde nie.

Sy het ook vanjaar gekwalifiseer om aan die Wêreld Jeug Atletiekkampioenskappe deel te neem.

Volgens Lizerie se afrigter, Hein Maré, doen Lizerie vanjaar weer puik en is sy onglangs in die Suid-Afrikaanse Jeug Atletiekspan opgeneem.

“Lizerie oefen baie hard en is vasbeslote om tydens vanjaar se Wéreld Jeug Atletiekkampioenskappe met die goud weg te stap,” vertel Hein.

Lizerie sal vanaf 10 tot 14 Julie aan die Wêreld Jeug Atletiekkampioenskappe in Dornestk, Ukraïne, deelneem.

Sy vertel dat sy haar talent in atletiek deur en deur wil bewys wanneer sy in die 1500m haar land verteenwoordig.

“Dit is vir my ‘n groot eer en ‘n droom wat bewaarheid word om aan dié kampioenskappe deel te neem.

“Alhoewel ek weet dat ek teen die room van die atletiekwêreld gaan deelneem, glo ek dat ek tydens die geleentheid goed sal vaar,” vertel Lizerie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button