Local sportSport

Ringbalklub maak gereed vir Skole Ringbaltoernooi

Greenhills Ringbalklub is tans volstoom besig om voor te berei vir die opkomende skole ringbaltoernooi en nooi alle skool leerlinge in die gemeenskap om in te skakel by die span.

Greenhills – Greenhills Ringbalklub is al reeds volstoom besig om gereed te maak vir die opkomende skoleringbaltoernooi wat gedurende die September skoolvakansie in Kroonstad plaasvind en beoog om dié toernooi te domineer.

Volgens die voorsitter van Greenhills Ringbalklub, Fred Page, het die klub gedurende hul vorige seisoen puik uitslae geniet en sal hulle graag weer vanjaar met soortgelyke resultate wil spog.

Daarom doen die bestuur dan dié klub ‘n beroep op skoolleerlinge in die gemeenskap om by die klub in te skakel en aan Gauteng Suid-Wes Unie proewe deel te neem.

Dié proewe sal gedurende Augustus plaasvind.

“Gedurende die skoletoernooi sal slegs juniorspelers deelneem, daarom nooi ons alle leerlinge van o.11 tot o.18 om saam met ons te kom oefen en mee te ding by die skoletoernooi,” vertel Fred.

Fred vertel verder dat spelers tydens dié toernooi ook in aanmerking kan kom vir Suid-Afrikaanse klere in Ringbal.

“Ons oefen elke Dinsdag en Donderdag by beide die Greenhills en Westcol bane en elkeen is welkom om by die oefeninge in te skakel.

“Diegene wat belangstel word deur die klub en unie-afrigters afgerig en hulle ontwikkel ook tydens dié oefening vaardighede wat in ander sportsoorte soos Rugby en Netbal gebruik kan word,” vertel Vred.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Fred Page by 083 307 5531, Heinz Harmse by 084 687 0882 of vir Retha Naudé by 079 693 9156.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button