Wees deel van die Magalies Train Chase
Fietsryers aan die Wes-Rand kan nou inskryf vir die jarlikse Magalies Train Chase Fietswedren.
Die jaarlikse Magalies Train Chase vind weer op 3 Augustus plaas en alle fietsryers is welkom om vir dié resies in te skryf.
Tydens die Train Chase fietswedren sal fietsryers die geleentheid kry om teen die stoomtrein vanaf Krugersdorp tot in Magaliesburg mee te ding om ‘n eerste plek.
Die wedren begin om 9vm op die hoek van Luipaard- en Krugerstraat in Krugersdorp en eindig by die kerkterrein van die Hervormde kerk, Magaliesburg.
Daar is vier verskillende wedrenne warin fietsryers kan meeding op die dag. ‘n Padfietswedrenne van 38 kilometer en 70 kilometer asook twee bergfietsroetes van 30 kilometer en 60 kilometer.
Dié wedren is ‘n jaarlikse fondsinsamelingsprojek vir vrouedag wat aangebied word deur die Hervormde Kerk van Tarlton en Magaliesburg.
By die eindpunt op Magaliesburg is ‘n heerlikke fees atmosfeer waar Magaliesburgemeente hulle 60 jaar en Tarlton hulle 40 jaar verjaarsdae herdenk.. ‘n Verskeidenheid plaasprodukte en eetgoed sal te koop wees en daar sal beslis vermaak vir die hele gesin tydens die geleentheid wees.
Laat inskrywings vir die fietsresies kan op die dag van die resies vanaf 7vm by die wegspringpunt gemaak word. Elke fietsryer aan die Wes-Rand wat in dié uitdagende resies wil deelneem word hartlik uitgenooi om in te skryf. Die res van die Wes-Rand gemeenskap kan die dag saam hul vriende en familie kom geniet.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Johan by 082 891 5534, Darryl by 071 412 2733 en Abie by 072 371 6540.



