Jean laat die skeie spat
Randfontein Jukskei ster, Jean Nel, verteenwoordig Suid-Afrika tydens 'n jukskei toer na Amerika.
Plaaslike jukskeister, Jean Nel, het onglangs aan ‘n jukskeitoernooi in St George, Utah, Amerika deelgeneem, waar hy Suid-Afrika in dié sportsoort verteenwoordig het.
Jean verduidelik dat daar twee spanne van Suid-Afrika gekies is om aan dié toernooi deel te neem.
Die spelers in die spanne was van alle ouderdomme.
“Die toernooi het van 10 tot 28 Julie plaasgevind.
“Ons het teen spanne van Amerika en Namibië deelgeneem.
“Tydens ons kragmeting teen Amerika, het ons span 8-7 gewen.
“Ons het ook vir onsself ‘n wentelling van 10.5 – 4.5 teen Namibië verseker,” vertel Jean trots.
Tydens dié toer het Jean ook deelgeneem aan die World Horse Shoe Tournament.
Dit is tydens dié geleentheid waar Jean teen spelers van Suid-Afrika, Amerika, Namibië, Noorwee en Kanada moes deelneem.
“Dit was ‘n groot belewenis en ek het dit werklik geniet.
“Ek het ook tydens die geleentheid ‘n algehele derde plek in my ouderdomsgroep behaal,” vertel Jean.



