School sportSport

Rappies nommer een in juksei aan die Wes-Rand

Van jukskei kan jy Laerskool Rapportryer niks vertel nie.

Laerskool Rapportryer (Rappies) is op Saterdag, 1 September as die kampioenskool in jukskei aan die Wes-Rand aangewys.

Met 13 spanne wat deelgeneem het, was Rappies die skool met die meeste spanne in die liga.

Schalk Brits en Q’hanri Nel, die onderskeie o.13A-spankapteins ontvang die trofee by Ruan Croucamp. Foto: Ingetsuur

“’n Hoogtepunt is beslis ons o.13A-dogterspan wat ligawenners was. Hulle het op 15 September aan die Direkteurstoernooi deelgeneem. Ons o.13A-seunspan, o.13B2-seunspan en o.13B-dogterspan het tweede in die liga geëindig,” het Roleen Olivier, Rappies se woordvoerder gesê.

Die o.11-spanne het aksiejukskei gespeel en het al ses uitstekend gevaar. Die dogterspanne was onderskeidelik eerste en tweede, en die seunspanne was eerste, tweede, derde en vyfde.

“Dankie aan elke ouer wat die leerders langs die baan ondersteun het. Rappies is trots op ons top jukskeispelers,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button