Rappies hou suksesvolle Sirkel C-atletiekbyeenkoms
Rappies spog met 40 eerste plekke, 45 tweede plekke en 26 derde plekke tydens 'n tuisatletiekbyeenkoms teen Venterspos Primary, Sedimosang Public School, Phandulwazi Public School en West Rand Primary.
Laerskool Rapportryer (Rappies) het op Dinsdag, 5 Februarie die Sirkel C-atletiekbyeenkoms met trots aangebied.
“Leerders van onder meer Rappies, Venterspos Primary, Sedimosang Public School, Phandulwazi Public School en West Rand Primary het met groot opwinding aan die byeenkoms deelgeneem,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.

Rappies is veral baie trots op diegene wat nuwe rekords opgestel het.
Christo Collins het die rekord vir die 70m o.10-hekkies geslaan, Stephan Joubert het die o.10 hoogspringrekord geslaan, Ashton Potgieter het die o.11-gewigstootrekord laat spat, Jason Breedt het die rekord in die 60m vir seuns o.9 geslaan en Xander Wray het die rekord vir o.13-gewigstoot oortref. Gert Brits spog met twee rekords – in die 60m en 80m vir o.8-seuns.

“Rappies se atlete het uitstekend gevaar en ons het 40 eerste plekke, 45 tweede plekke, 26 derde plekke asook 34 vierde, vyfde en sesde plekke behaal,” het sy bygevoeg.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



