School sportSport

Jannas se o.15-hokkiespelers gaan Noordvaal toe

Hoërskool Jan Viljoen se o.15-hokkiespelers is baie opgewonde om vanjaar aan die Noordvaal-toernooi te kan deelneem.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se hokkiespanne het vanjaar uitsonderlik goed gevaar.

Vir die eerste keer in jare het een van die Jannas-hokkiespanne gekwalifiseer om aan die Noordvaal-toernooi in Vanderbijlpark deel te neem, en daarom is dit vir hulle ‘n prestasie om op trots te wees.

Hoërskool Jan Viljoen se o.15-hokkiespan het vanjaar uitsonderlik goed gevaar. Foto: Evan Grobbelaar.

“Op die oomblik fokus die hokkiespelers op hul eksamens, maar ons gaan die vakansie ekstra hard oefen om voor te berei vir die Noordvaal-toernooi,” het Mara Combrinck, die o.15-hokkiespan se afrigter gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button