School sportSport

Puik hokkieseisoen vir Riebeeckrand

Hoërskool Riebeeckrand se A-dogterspanne het almal onder die top drie van dié liga geëindig.

Hoërskool Riebeeckrand is trots op hulle hokkiespelers wat ‘n puik seisoen beleef het.

“Riebeeckrand neem al jare aan die mediumskole-hokkieliga deel en vaar uitstekend teen hul mededingers,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Vanjaar het al vier hul A-dogterspanne onder die top drie van dié liga geëindig.

Volgens Elzeri vaar Riebeeckrand se seunshokkie ook uitstekend. Die hokkieseuns se ligawedstryde hervat na die Junie-skoolvakansie.

“Die Riebeeckrand-familie wens ons seunshokkie-eerstespan sterkte toe met hul vier oorblywende ligawedstryde wat eersdaags plaasvind,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button