RAM-gholfdag ‘n klinkende sukses
'Ons hou dit as 'n fondsinsameling, maar ook om informeel met ons ouers en gemeenskap te kan verkeer' – Skoolhoof.
Talle entoesiastiese gholfers het by die Krugersdop Gholfklub bymekaargekom om Laerskool Randfontein se jaarlikse gholfdag te ondersteun.
Lees ook: Mapogo help gemeenskap deur liefdadigheidsgholfdag

(Voor): Marelize Olivier, Celeste Pretorius, Adelle Grobbelaar en Lize-Mari Olivier.


Skoolhoof Leon Haupt het vertel dat dit die skool se derde jaar is wat hul die gholfdag aanbied en dat dit hierdie jaar op 24 Maart plaasgevind het.
“Ons hou dit as ‘n fondsinsameling, maar ook om informeel met ons ouers en gemeenskap te kan verkeer.”
Hy het verduidelik dat die fondse wat tydens die dag ingesamel is, aangewend sal word om die skool se tuine en vooraansig te verbeter.



Lees ook: Gholfdag ten bate van kinders in nood
Tydens die dag het die skool die eer gehad om 132 spelers te verwelkom wie almal hul gate uit geniet het.



“Dit was ‘n wonderlike dag met hope pret en kameraadskap, en baie lekker gees,” het Leon vertel.
Hy wil vir al hul borge, maar spesifiek hul hoofborge EPR Sekuriteit en Firematic bedank.




