Local sportSport

Teine bring rugby na die gemeenskap

Randfontein Rugbyklub se o21s het geen genade teenoor hul opponent gewys nie.

Teine het op 20 Mei die land se tweede gewildste sport na die gemeenskap gebring toe hulle en Kagiso koppe op Hoërskool Jan Viljoen se sportveld gestamp het.

Randfontein Rugbyklub se direkteur van rugby, Hennie van Eck het verduidelik dat hulle as ‘n klub graag elke jaar by skole wil speel om die wyer gemeenskap aan rugby bloot te stel.

Ek dink baie kinders kry nie die geleentheid om rugby by die klub te kyk nie. As ons na hulle toe gaan kan hulle ook sien hoe dinge gedoen word. Dit is uit en uit om klubrugby te bemark in die gemeenskap.”

Randfontein se o21s het wel vir Kagiso ‘n rugbyles geleer deur 105-7 te seëvier met Teine wat 17 keer agter die doellyn gekuier het en met 10 doelskoppe geslaag het.

Wian Wray. Foto: Billy Sass.

Die volgende spelers het teen Kagiso drieë gedruk:

• Collin Da Corte (4)
• Eugene Willemse (2)
• Xander Smith (2)
• Henry Payne (2)
• Michael Veldman (2)
• Tiaan Beyleveld (1)
• Vincenzo Visagie (1)
• Wihann Martins (1)
• Goitse Tsimakwane (1)
• Junior Phalatse (1)

Eugene Willemse. Foto: Billy Sass.

Die volgende spelers het gesorg vir doelskoppe:

• Eugene Willemse (6)
• Vincenzo Visagie (3)
• Xander Smith (1)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button