Local newsLocal sportSport

KYK: Teine se o7’s raak bietjie Bok-mal!

Faf de Klerk en Cheslin Kolbe is twee van die Teine o7-span se gunstelling Springbokke en dit is maklik om te verstaan aangesien hulle ook nie 'n banghaar op hul koppe het nie. Die groep seuns het ook onlangs 'n video gemaak ter ondersteuning van Rassie en Siya-hulle.

Partykeer is die kleinste mensies die grootste ondersteuners.

Dit is beslis die geval vir Randfontein Rugbyklub se o7-rugbyspan wat onder andere onlangs ‘n video gemaak het ter ondersteuning van die Springbokke wat tans diens doen by vanjaar se Rugbywêreldbeker in Frankryk. Die groep seuns het ook natuurlik vir kiekies poseer met hul Springbok-hemde aan.

• Lees ook: Waar Springbok-loopbane begin

Volgens die einste span se bestuurder, Charlotte Human, is die doel van die video om hul trots te wys vir Rassie en Siya-hulle.

Die video is gemaak om ons ondersteunig aan die Springbokke uit te beeld. Ons manne vat reeds hul rugby baie ernstig op en kyk geweldig baie op na die Springbokke.

“Dit is tog egter elke rugbyspeler se droom om ook eendag in die Groen en Goud uit te draf (of dan nou die mint groen…).

Sian Bootha.

“Daar is geen twyfel wie die wêreldbeker gaan wen nie. Die Springbokke gaan beslis weer die beker huis toe bring want dit is maar waar hy hoort. Met al die negatiewe dinge rondom ons en in die land leer die Springbokke ons een groot les – dat almal bo kan uitkom as jy saamstaan as ‘n span.”

Mason van Zyl is ook ‘n trotse Bok-ondersteuner!
Zayden Putter met sy Bok-hemp.

Die Herald het ook ‘n paar seuns gevra wat hul gunstelling Bok-spelers is, en hoekom:

• Lian Human – “Cheslin Kolbe, want hy kan nes ek ‘n ding step. Niemand kom maklik verby hom nie.”
• Xavier Koekemoer – “Faf de Klerk want hy is net so klein soos ek, maar groot gif kom in klein botteltjies.”
• Jack Wilken – “Cheslin Kolbe want die man kan sidestep en tackle soos ‘n baas.”

Xavier Koekemoer ondersteun vir Faf.

• Rewhan Kellie – “Eben Etzebeth want hy is groot, sterk en haal almal vinning uit.”
• Zayden Putter – “Faf de Klerk want hy is nes ek; bang vir niemand op die veld nie.”
• Mason Van Zyl – “Cheslin Kolbe want hy is die vinnigste speler op die veld. Ek is darem amper net so vining soos hy.”

Jack Wilken met sy Springbok-hemp.

• Zihan Coetzee – “Cheslin Kolbe want hy tackle soos ‘n masjien en is altyd orals op die veld, nes ek.”
• Sian Bootha – “Duane Vermeulen want dis maklik, hy is net so sterk soos ek.”
• Kellan Blaauw – “Siya Kolisi want hy is ‘n baie goeie kaptein en maak die regte besluite.”

Lian Human met sy Springbok-hemp.

• Lihan Ernsting – “My pa Errard Ernsting, hy speel net so goed soos die Springbokke en ek wil nes hy wees maar RG Snyman is baie groot, goed en sterk.”
• Melville Crafford – “Malcolm Marx want hy is briljant, daar is net een van sy soort.”

Melville Crafford met sy unieke Springbok-hemp.
Rewhan Kellie is duidelik ‘n Bok-ondersteuner.

Wat sake op die rugbyveld aanbetref het Human vertel die span onder die bekwame rugbyvlerke van die twee afrigters Gustav Human en Chris Breedt asook die hulpafrigter Chris Fuhri is. Die span het vanjaar ook baie goed gevaar ten spyte van die aantal spelers tot hul beskiking teenoor ander klubs.

“Ons het natuurlik hier en daar verloor maar meeste gewen en ‘n paar gelykop gespeel. Wat dinge interressant maak is dat hierdie o7 spannetjie letterlik een van die kleinste was vanjaar maar beslis nie die bangste nie. Met klein bedoel ek aantal spelers.

Ons het maar ‘n groep van 13 seuns teenoor spanne wat tot 35 spelers gehad het. Dit het ons span egter nie teruggehou nie.”

Handre de Beer. Foto: Natalie Coetzee Photography.
Jack Wilken. Foto: Natalie Coetzee Photography.
Kellan Blaauw. Foto: Natalie Coetzee Photography.

Human het afgesluit deur te sê, “Ons is werklik trots op die ontwikkeling van elke speler en ons wil graag elkeen bedank vir hul liefde vir die sport, deursettingsvermoë en dissipline tydens oefeninge asook wedstryde. Julle laat ons goed lyk as afrigters en ouers. Ons sien vreeslik uit om jul ontwikkeling vorentoe dop te hou.”

Die span speel op Saterdag, 16 September in die Lions Sewestoernooi.

“Dis ‘n lekker groot een. Ons besef al te goed dat die toernooi vir elke span wat ingeskryf het, ‘n groot een sal wees om te wen maar ons manne is gereed om daardie sewes-titel Randfontein Rugbyklub toe te bring. Ons wens alle kompeterende spanne sterkte toe vir die toernooi en sien uit na goeie sportsmansgees tussen mekaar.”

Lihan Ernsting. Foto: Natalie Coetzee Photography.
Mason van Zyl voer ‘n duikslag uit. Foto: Natalie Coetzee Photography.
Rewhan Kellie. Foto: Natalie Coetzee Photography.
Sian Bootha. Foto: Natalie Coetzee Photography.
Zayden Putter. Foto: Natalie Coetzee Photography.

Related Articles

 
Back to top button