Sport

Talle Riebeeckrand-atlete haal D2-span

Hoërskool Riebeeckrand stel hul agt atlete, gekies vir D2-atletiekspan wat in aksie sal wees by Gauteng Kampioenskappe, aan die gemeenskap voor.

Hoërskool Riebeeckrand se atletiek-skip seil sterk hierdie seisoen met agt van hul leerders wat in die D2-atletiekspan opgeneem is.

Hul sal reeds hierdie naweek in aksie wees tydens die Gauteng Kampioenskappe wat van 1 tot 2 Maart in Germiston plaasvind.

Die agt atlete asook die items waaring hulle deelneem is as volg:

• Hope Lepholletsa – 100m
• Stephen Joubert – 800m
• Caleb Hadebe – 400m
• Dean Moolman – spiesgooi
• Danika Viviers – gewigstoot
• Henro van Coller – diskus
• Jeandré Fourie – gewigstoot
• Delarey van den Berg – 100m

“Ons wil graag elkeen van ons atlete sterkte toewens vir die naweek. Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om hierdie mylpaal te bereik. Ons atletiek vaar vanjaar geweldig goed en ons beoog om die seisoen op ‘n sterk noot te eindig,” het skoolwoordvoerder Carina Collins gesê.

Related Articles

 
Back to top button