Sport

Rappies maak skaak ‘n ‘Teiner-sport’

Laerskool Rapportryer se skaakklub is beskikbaar vir die gemeenskap om deel te neem.

Laerskool Rapportryer het inisiatief geneem om skaak ‘n amptelike sport in Randfontein te maak.

Laerskool Rapportryer se ‘Elite Chess’ skaakklub is onlangs op die been gebring en bied ‘n geleentheid vir inwoners om skaak te speel. Die geleentheid word elke Woensdag om 18:00 in die skoolsaal aangebied. Verskeie ouderdomsgroepe kan deelneem en selfs ouers is welkom om ‘n paar pionne te skuif.

Hans Willemse.

Dit is volgens woordvoerder Esme Botha wat sê daar is tans 50 Rappies-leerders deel van die klub.

“Rappies-skaak het nuwe hoogtes verlede jaar bereik. Daarom het ons besluit om skaak as ‘n sport in Randfontein te bevorder,” druk Esme uit.

Reagan Jonker.

Sy voeg by dat Laerskool Rapportryer ‘n groter bydrae tot die sport wil maak en ook meer prominent.

Sonja Erasmus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button