Sport

Nuwe hoogtes in netbal vir twee Rappies

Du-Anique Griffiths en Qwinzelle van Greunen het na die tweede rondte van Gauteng-netbalproewe deurgedring.

Laerskool Rapportryer se Du-Anique Griffiths en Qwinzelle van Greunen beleef ‘n uitmuntende netbalseisoen.

Die twee o13-netbaldogters het onlangs na die tweede rondte van Gauteng-netbalproewe deurgedring wat op 1 April sal plaasvind.

“Hierdie is ‘n fantastiese prestasie en Rappies is so trots dat hierdie dogters ons naam hoog hou. Ons wens Du-Anique en Qwinzelle alle sterkte toe,” het skoolwoordvoerder Esme Botha gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button