Sport

SA Skole kampioen in ons midde

Randfontein-leerder is gekroon as die kampioen tydens die SA Skole Kampioenskappe.

Lewellyn Harmse (17) het uitgetree as die kampioen van die SA Skole Atletiek Kampioenskappe.

Die oud Laerskool Randfontein-leerder, wie tans in Hoërskool Monument is, het vertel van sy prestasies.

“Dit voel baie lekker. Ek was verlede jaar ook die kampioen, maar dit bly steeds ‘n lekker gevoel.”

Hy het verduidelik die kampioenskappe het in die Paarl plaasgevind tussen 3–6 April. Hy het aan die 400m hekkies deelgeneem, asook die 4X400m aflos. Hy het egter genoem hy moes dit in naelloopskoene (spikes) hardloop wat twee grotes te klein was vir hom, aangesien syne gesteel is.

Hy het vertel hy het in graad 2 aan atletiek begin deelneem het is al 10 jaar aan die gang. Hy het genoem hy hou baie van die sport en dit hou hom gesond en fiks. Hy het bygevoeg hy doen ook perdry, spesifiek skouspring.

Volgende jaar beplan hy om onderwys te gaan studeer, maar wil steeds ‘n loopbaan maak uit atletiek en uiteindelik aan die SA Kampioenskappe deelneem.

Hy het bygevoeg dat hy tans (18–21 April) aan die SA Senior Kampioenskappe in Pietermaritzburg deelneem waar selfs bekende atlete gaan wys wat in hulle steek. In Maart het hy aan Club SA Atletiek kompetisie deelgeneem waar hy derde geplaas het, agtste in die wêreld in die o20-groep en eerste in sy ouderdomsgroep (o19).

Vir voornemende atlete het Lewellyn die volgende raad gegee, “Dit maak nie saak of jy eerste of laaste kom nie, hou net aan probeer. Jou harde werk sal beloon word.”

Lewellyn se ma en afrigter, Louise Harmse Engelbrecht, het vertel hoe trots sy op haar kind is.

“Dit was vir my ‘n voorreg as ‘n afrigter om hom so ver te bring. Ek kan net vir hom goedheid en guns toewens vir sy toekoms. Hy is ‘n kind met ‘n mooi hart, doen altyd sy beste en gee sy beste en hy is altyd nederig.

“Hy stel ‘n mooi voorbeeld vir soveel jong atlete, so baie streef om soos hy te wees. Hy is voorwaar ‘n rolmodel vir oud en jonk.”

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button