Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Johan Swart

Johan Swart, hakker van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Die Randfontein Rugbyklub se eerste span hakker, Johan Swart, se bloed loop rugby.

Johan (29) neem al 24 jaar deel aan die sport en vertel dat sy passie vir rugby begin kweek het nadat hy elke naweek wedstryde saam sy pa gekyk het. Op die ouderdom van vyf het Johan ‘n rugbybal in die hand gedra en sy eerste wedstryd geniet.

Hy het verduidelik dat hy agt jaar terug by die Randfontein Rugbyklub aangesluit het. Voordat hy by die klub aangekom het, het hy die Valke verteenwoordig by die Valke Rugby Klub. Hy het bygevoeg dat hy as amateur vir die o21 Leeus gespeel het.

Vir Johan is rugby ‘n sport van broerderskap en daarom geniet hy om deel te wees van die klub.

“My pa is my rolmodel. Hy het my geleer dat harde werk vir jou kry wat jy wil hê. Dit word toegepas op die rugbyveld en op die lewe. Moenie dat die vrees om te staak jou daarvan weerhou om die speletjie te speel nie,” het Johan uitgedruk.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button