Sport

Jong bergfietsryers droom groot

Twee matrikulante het onlangs Hoërskool Jan Viljoen in 'n bergfietsrykompetisie verteenwoordig.

Twee matriekleerders van Hoërskool Jan Viljoen High, Lukas Potgieter en Corné Strydom, het albei waardevolle punte ingesamel tydens verlede naweek se Cycle Lab Skole Bergfietsreeks in Fourways.

Dit was die eerste van vyf kompetisies waaraan die twee leerders gaan deelneem, met Lukas wat vier punte verwerf het, en Corné ses punte.

Jan Viljoen lê dus in die 55e plek uit 66 skole met die volgende kompetisie wat op 25 Mei plaasvind.

Lukas het vertel dat sy oupa hom aan fietsry voorgestel het. Sy oupa het gereeld op ‘n fiets deur die dorp gery en daarom het Lukas ‘n passie vir bergfiets begin kweek.

Hy is ook vreeslik trots op sy prestasies en vertel dat hy sy rekord verbeter het nadat hy 40km in twee ure voltooi het. Verder beoog Lukas om eendag bergfietsry as ‘n loopbaan te oorweeg.

Corné se grootste inspirasie was sy pa. Hy is al ongeveer sewe jaar aan die gang op sy bergfiets.

“My pa is my grootste motivering om my drome waar te maak. Ek voel goed oor hierdie prestasie,” het Corné gesê.

Related Articles

 
Back to top button