Sport

Brandan ‘n skrummie met ‘n groot hart

Brandan Rieck, skrumskakel van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Skrumskakels is gewoonlik bekend om een van die kleiner spelers op die veld te wees, maar tog met die grootste hart.

Brandan Rieck, skrumskakel van Randfontein Rugbyklub se eerste span, is juis een van hierdie spelers.

Brandan (28) vertel dat sy pa hom aan rugby voorgestel het. Sy pa was nie net ‘n inspirasie nie, maar ook sy afrigter. Hy het verduidelik dat hy eers Bulletjie Rugby begin speel en van daar af het sy pa hom afgerig.

Op die ouderdom van vyf was Brandan nie skaam om ‘n rugbybal in sy hand vas te hou nie. Só het sy rugbyloopbaan aangegaan vir 24 jaar. In 2013 het Brandan vir die Leeus in die Cravenweek uitgedraf. In 2014 was hy in die Curriebeker in aksie as ‘n o19-speler vir die Valke. Hy het in 2015 weereens die Valke verteenwoordig as ‘n o21-speler in die Curriebeker.

Sy geskiedenis by Teine het in 2017 afgeskop en een van die dinge wat hy van rugby geniet is die vriendskappe wat hy gemaak het. Volgens hom waardeer hy die verhoudinge wat hy oor die jare geskep het op die rugbyveld. Hy is die eerste span se skrumskakel, maar vertel dat hy tans enige posisie op die agterlyn speel indien dit nodig is.

Brandan sê dat sy pa ‘n groot rolmodel vir hom is.

“Hy het alles oor rugby vir my geleer en daarop klem gelê dat jy sukses kan bereik as jy wel bereid is om hard te werk daarvoor.”

Sy slagspreuk is om die positiewe in enige situasie te vind.

“Ek is baie lief vir die natuur so as ek tyd kry, gaan ek graag na ‘n wildsplaas en ontspan daar. Ek jag ook in my vrye tyd en speel so bietjie gholf,” het Brandan afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button