Sport

Pirates Groot Uitdaagreeks: Twee uit twee vir Teine eerstes

Randfontein Rugbyklub is trots op hul eerste span wat tot dusver onoorwonne in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks is.

Randfontein Rugbyklub se eerste span kon nie vir ‘n beter begin gevra het in vanjaar se Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks nie.

Na twee rondtes is die eerste span goed op dreef en het tot dusver albei hul kragmetings gewen. Teen Wits het hulle naelbyt 34–28 gewen en nou onlangs 33–20 geseëvier teen Pirates. Hul volgende opponent is UJ weg van die huis af op Vrydag, 10 Mei.

Tiaan Nel gee die bal aan met José Dias wat langsaan hardloop.

Ander uitslae tot dusver:

Teen Wits (weg)
• Teine o19s 8–38 Wits
• Teine o21s 8–18 Wits
• Teine derde span 14–0 Wits
• Teine tweede span 13–16 Wits
• Teine vrouespan – Weerlig het verhoed dat die vroue se wedstryd afskop

Teen Pirates (tuis)
• Teine o19s 24–19 Pirates
• Teine o21s 3–38 Pirates
• Teine derde span 8–20 Pirates
• Teine tweede span 10–21 Pirates
• Teine *vrouespan 10–55 Pirates

* Het 10 spelers aan ‘n kant gespeel aangesien Pirates nie ‘n volle span gehad het nie.

Related Articles

 
Back to top button