Sport
Goud vir jong judo-boffin in Bloem
RAM leerder ontvang sy goue medalje by SA Skole Judo Kampioenskappe.
Rossouw Fourie, ‘n leerder by Laerskool Randfontein het onlangs aan die SA Skole Judo Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en ‘n goue medalje ontvang.
Hy is dus as die 2024 ‘Novice Champion’ aangewys.
“Dit was ‘n belewenis om by so ‘n groot byeenkoms deel te neem. Ek voel bevoorreg om dit te kon beleef. Vir volgende jaar gaan ek hard werk om my SA-klere in judo te kry,” het Rossouw gesê.
Erica, Rossouw se ma, het bygevoeg, “Ek en sy pa, Gerhard, is baie trots op hom en wat hy bereik het.”
Rossouw het dankie gesê aan Sensei Michelle Diamond vir haar liefde en die ekstra tyd wat sy insit het om hom te help verbeter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



