Sport

Potspel-kompetisie dien as fondsinsameling

'n Potspel-kompetisie was aangebied waar prysgelde vir 'n goeie doel geskenk is.

Sestien potspelspelers het onlangs aan ‘n kompetisie by die Greenhills-sportstadion vir welwillendheid deelgeneem.

Volgens organiseerder Johann Bezuidenhout was die kompetisie aanvanklik gehou as fondsinsameling vir Morné Gordon wat in September aan die SA Junior Nasionale Pool Kompetiesie in Belville gaan deelneem. Morné het sy volle bedrag ontvang.

Whitey Flemming en Etienne Janse van Rensburg het toe in die finaal gespeel vir prysgeld maar is daar ook sommer besluit om fondse aan die Connie Mulder Sentrum te skenk. Die fondse wat geskenk was, kom uit die twee potspelspelers se eie sak.

“Daar was groot kompetisie onder die spelers, maar die vrygewigheid is opmerklik. Ons beskou die kompetisie as suksesvol,” het Johann vertel.

Hy het bygevoeg dat potspel ‘n baie unieke en genietvolle sosiale sport is omdat almal kan deelneem.

“Ek wil baie dankie sê vir almal wat deel was van die pret, asook Highroad Butchery vir hul ondersteuning,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button