Sport

Randfontein Klub weer op die been om hulp te verleen

Die Randfontein Klub, 'n nie-winsgewende organisasie, is weer terug om 'n verskil te maak. Hul heropening is juis onlangs tydens 'n gholfdag gevier.

Die Randfontein Klub het onlangs ‘n gholfdag by die Waterpan-gholfklub aangebied om hul heropening te vier.

Volgens die klub se voorsitter, Braam le Roux, bestaan die klub hoofsaaklik uit sakemanne en mynbestuurspersoneel. Hy het verder verduidelik dat die klub ‘n nie-winsgewende organisasie is wat geskep is met die doel om ‘n bydrae tot die gemeenskap te maak.

Braam, die ondervoorsitter Charl Roestroff asook addisionele lede Johan Kok en Neels de Beer, saam met direkteure Fanie Roux en Jorrie Jordaan het die gholfdag gereël.

Lede van die Randfontein Klub by die braai.

Braam het bygevoeg dat die dag met inskrywings en heerlike boerewors op die braai begin het. Om 09:00 het die manne reeds begin afslaan en nadat die eerste nege putjies afgehandel is, het almal middagete geniet.

“Daar was ook ‘n ‘Chipping’-kompetisie wat vir groot vermaak gesorg het.”

Verder het beide mans en vroue rugby op die grootskerm gekyk terwyl aandete bedien is.

Deon de Beer mik vir die gat.

Braam het gesê die prysuitdeling was die hoogtepunt van die dag.

“Daar is toe verskeie pryse uitgedeel, van eersteplekwenners tot die persoon wat 16de was,” het Braam gesê.

Christo Swanepoel en Viandi van Rensburg.

Die musiekgroep Buur-Man, bestaande uit Frikkie Botha en DJ Vastrap, het die lede vermaak.

“Die dag was ‘n reuse sukses. Die spelers het die dag terdeë geniet en ons was beïndruk met die pryse danksy al ons borge van die dag,” het Braam uitgespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button