Sport

‘n Uitstekende wedvlug seisoen vir Magalies Posduifklub

Na 'n seisoen van harde werk, het die Magalies Posduifklub met 'n reeks suksesse die seisoen afgesluit.

Die Magalies Posduifklub (MPK) het ‘n besonderse wedvlugseisoen beleef met lede wat uitsonderlike prestasies behaal het.

Volgens Visue-voorsitter, Piet van Zyl, het verskeie lede prestasies op klubvlak, unievlak en nasionale vlak behaal.

Op nasionale vlak het Reinhard Sloan (rooikat) ‘n dubbelkajuitbakkie by die Karoo Miljoen Eendagwedren gewen. Die klub het gepraat van hul trots op Reinhard.

Die bakkie wat Reinhard Sloan gewen het.

Tydens die algemene jaarvergadering is die volgende lede tot die komitee verkies:

• Voorsitter: Tinus Steyn
• Visie-voorsitter: Piet van Zyl
• Tesourier: Jeanette Steyn
• Wedvlugsekretaris: Jeanette Steyn
• Klokmeester: Reinhard Sloan
• Skakelbeampte: Piet van Zyl

“Na die uitstekende resultate wat op unievlak weereens die hoë gehalte van ons duiweboere bewys het, welkom ons ook ‘n nuwe lid, Peet Theron. Hy was vroeër jare ‘n topvlieër in die Wes-Transvaal,” het Piet afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button