Sport

Kersliggierit een om aan te teken vir Desember

RandMark hou weer hul jaarlikse Kersliggierit en nooi die hele gemeenskap uit om saam te ry.

RandMark hou hul jaarlikse Kersliggierit op 6 Desember en enige iemand wat wil deel is welkom om hul fietse af te stof en deel te wees.

Trudie Reid van RandMark het verduidelik dat hulle die eerste rit in 2020 ná Kovid begin het. Hulle het opgemerk dat daar baie hartseer was oor mense wat vriende of ouers en selfs kinders aan die dood afgestaan het. Vier fietsryers het toe besluit om hul fietse met liggies te versier en deur die strate te ry om, soos Trudie sê ‘net weer ‘n bietjie geluk in die lewe te bring’.

Maude Visser. Foto ingestuur.

Sy het genoem, na hulle die woord op een van hul fietsrygroepe versprei het, was hulle daardie eerste jaar 52 fietryers wat aan die rit deelgeneem het.

Van daar af het hulle net elke jaar aangehou.

Maude Visser en Kate Badenhorst. Foto ingestuur.

Mense wat hul motors met liggies wil opmaak en agter die fietsryers wil aanry is ook welkom.

Johnathan Leeming. Foto ingestuur.

Trudie het hul hoop vir die rit verduidelik, “Ons hoop dat mense net weer besef dis Kersfees. Daar moet lig in jou hart en lewe wees. Die donkerte van die jaar is verby. Dis Kersfees en ons moet jubel en Jesus se geboorte vier.”

Sy het vertel ds Edwin van Wyk van NG Kerk Randpoort en ander gaan ook met ‘n trok agter hul aanry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button