G’n keer aan RandMark se Bruce
Fietsry-boffin Bruce Minnie deel sy ervaring met fietsry en gee raad aan diegene wat ook in die sport belangstel.
Bruce Minnie het fietsry bemeester en beplan om nog baie medaljes in te samel.
Sy reis in die sport het in 2018 begin.
“My vrou het my altyd saam met haar geneem om die sportsak te versorg wanneer hulle wedrenne gedoen het. Ek het moeg geword om te hoor hoe hulle dit geniet. Toe het ek in 2017 probeer hardloop. Dit was moeilik maar lekker. In 2018 het ek besluit om weer te begin fietsry, want dit is nie so erg op ‘n groot lyf nie. Van daar af kon ek nie daarmee ophou nie,” het hy.
In 2021 het Bruce by RandMark aangesluit.
Van die wedrenne waaraan hy deelgeneem en opgetree het, sluit in Race to the Sun, 947 Ride Joburg, Amashova, Boland Gravel Grinder, Cape Gate Marathon en Joburg North Marathon. Hy het bygevoeg dat hy aan baie plaaslike wedrenne deelgeneem het.
“Vir my gaan dit daaroor om klaar te maak wat jy begin het. As ek die wedren voltooi in die tyd wat ek vir myself gestel het, is ek meer as gelukkig,” het hy gesê.
Sy grootste motivering is die mense saam met wie hy fietsry.
“Dit is ‘n goeie motivering om saam met mense te ry wat dieselfde doel en energie as ek het. Ons ding teen mekaar mee wanneer ons wedrenne hou, maar op die ou einde vier ons saam fees. Dit is ‘n lekker gevoel wanneer almal hul doelwitte bereik het,” het hy verduidelik.
“Almal begin onder en dit neem tyd om op ‘n vlak te kom wat jy regtig geniet. My raad is: Moenie moed opgee nie. Moenie dat die klein dingetjies jou aandag van jou doelwit aflei nie. Hou jou fokus op jou doelwit en jy sal dit bereik. As dit jou nie uitdaag nie, sal dit jou nie verander nie. En dit geld vir alles in die lewe,” het hy afgesluit.



