Sport
Sewe uit sewe vir Teine!
Teine se sewesspan het aan die einde van die seisoen toekennings ontvang.
Randfontein Rugbyklub het onlangs hul sewesspan se prestasies gevier.
Afrigters Jacques Conradie en André van Vuuren het al die spelers bedank vir hul toewyding en harde werk die afgelope seisoen. Die spelers het die geleentheid gebruik om ook die afrigters te bedank vir hul onbaatsugtige afrigting en ondersteuning.
Renaldo Visser het die Speler van die Jaar gewen terwyl Dewalt Sonnekus die titel van Spelers se Speler van die Jaar gewen het.
“Die span wil ook baie dankie sê aan al hul borge vir die jaar. Sonder hulle sou die seisoen nie moontlik gewees het nie,” het Rika Rabé, woordvoerder, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



