Klub katrol die visse in
Die hengelaars het vreeslike interessante aas gebruik om die visse te lok.
Springbok Baits Social Club het die afgelope naweek hul maandelikse hengelkompetisie gehou.
• Lees ook: Nuwe sosiale hengelklub vestig hulself in Randfontein
Voorsitter van die klub, Pieter Schemel het gesê hulle het op 1 Maart by Biermans by die Vaaldam gaan deelneem. Keith Burger is as die wenner aangewys, hy het ook die grootste geelvis gevang en het die swaarste sak gehad, met ‘n totale gewig van 18.46kg.
Dit was ‘n baie moeilike dag aangesien dit gereën het, maar tog ‘n lekker dag,” het Pieter gesê.
Die lede het Ruby Red, Sweetcorn, KDO2, Aweh en Tamagotchi as ‘ball dips’ gebruik en op die hoeke het hulle KDO2, Benjy en Legend gebruik.
Hy het bygevoeg hulle het tussen al die lede sowat 50 visse gevang.
Enige persoon wat by die klub wil aansluit kan Pieter by 065 241 8553 of Rudie Dreyer by 082 850 1681 kontak.




