Local sportSport

Teine eerstes en o19’s baas in Sasolburg

Teine se eerstespan en o19's was aan die wenkant teen verskeie opponente ter voorbereding van die ligaseisoen.

Vyf spanne van Randfontein Rugbyklub was onlangs in aksie teen drie verskillende opponente naamlik Sasolburg Rugbyklub, die NWU Vaal Rugbyklub asook Witbank Rugbyklub.

• Lees ook: Teine begin voorseisoen op hoë noot

Die wedstryde was gespeel weg van die huis af by Sasolburg Rugbyklub se 73e bestaansjaarvieringe.

Teine se o19-span het indrukwekkend die dag afgeskop met ‘n spogoorwinning van 43–10 teen Sasolburg se o20’s. Driedrukkers was Samkelo Kgoathisi, Zac Smith, Caleb Hadebe, Gontse Malepe en Dylan Jacobs terwyl Vuyo Gwenxane twee keer agter die opponent se doellyn gaan kuier het. Zac het verder drie doelskoppe oorgeklits en Tebogo Bapela een.

Janco Tiedt vang die bal. Foto: Wesley Nyariya.

Die o21-span het wel klippe gekou en 69–0 slae gekry teen NWU Vaal. Teine se derdespan het ook die knie gebuig teen dieselfde klub se tweedespan met ‘n telling van 29–15. Teine se tweedespan was ook aan die verloorkant en het naelbyt 17–14 verloor teen Witbank Rugbyklub.

Die eerstespan het soos altyd trots herwin en Witbank gewys hoe Dawid die wortels begrawe met ‘n 21–12 sege. Swys Pretorius het twee drieë gedruk en Jacqone de Villiers een. Janco Tiedt het gelukkig ook sy skopskoen aangehad en was suksesvol met al drie sy doelskoppe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button