Local sportSport

Teine 1ste span skop liga af met wegholoorwinning

Teine se eerste span het die ligaseisoen op 'n wennoot afgeskop deur Diggers af te slag.

Randfontein Rugbyklub se eerste span het die afgelope naweek ‘n wegholoorwinning teen Diggers in die eerste wedstryd van die liga behaal.

• Lees ook: Drie uit drie vir Teine in Centurion, nou wag die liga

Teine het ‘n indrukwekkende 10 drieë gedruk vir ‘n gemaklike sege van 60–14. Die wedstryd het in Teine se agterplaas, bekend as die ‘House of Pain’, plaasgevind.

Driedrukkers was Wessel van Staden, Ruan du Toit, Tristan Dulliseur, Barend Steyn, Senzo Hlatshwayo, Swys Pretorius, Steff Calitz, Ryan Strydom en Michale Tolmay (2). Steff Calitz het verder drie doelskoppe behaal terwyl Tiaan Naude suksesvol was met twee doelskoppe.

Wessel van Staden stop ‘n opponent in sy spore.
Jacqone de Villiers vang die bal.
Wessel van Staden stop ‘n opponent in sy spore.
Franco Schutte gee die bal aan vir sy spanmaat, Dylan Viviers.
Tristan Dulliseur gaan oor vir een van sy span se 10 drieë.

Die tweede span was 17–3 agter maar die kragmeting is stop gesit weens weerlig. Teine se derde span was ook aan die wenkant en het 22–5 geseëvier.

Wat die juniors aanbetref moes albei die o19s asook o21s die knie buig met ‘n telling van 10–5 en 17–15 onderskeidelik.

Teine se volgende ligawedstryd is weer tuis teen Raiders Rugbyklub op 5 April.

Die Teine met die trofee ter nagedagtenis aan Wally Walters.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button