Teine se Arende-groep afrigters wil hoog vlieg
Teine kondig aan hul groep afrigters vir die jaar en beplan om die bul by die horings te pak hierdie seisoen.
Die ligaseisoen is in volle swang en Randfontein Rugbyklub het onlangs hul afrigters en bestuur aangekondig.
• Lees ook: Teine 1ste span skop liga af met wegholoorwinning
Volgens klubbestuurder, Lulu Kleyn, is die eerste rugbyspan hoofafrigter Willem van Loggerenberg. Die voorspeler-afrigter is Jean-Louis Diemieniet terwyl Hennie van Eck die pos as hulpafrigter inneem. Mandie Landsberg is as die eerste rugbyspan fiksheidsafrigter aangestel terwyl Jannie van Loggerenberg die spanbestuurder is.

Louw Parsons is Teine se tweede rugbyspan direkteur van rugby met Japie Fourie as hoofafrigter. Hendrick Janse van Rensburg sal sy rol as spanbestuurder speel terwyl Riaan Eloff die agterlynafrigter is.
Alwyn Lee is die derde span se hoofafrigter en Ockert Esterhuizen die o21-span se hoofbreier. Die o19-span se hoofafrigter is Roedolph Lubbe.
Die vrouespan se hoofafrigter is Emile Strauss met Francois Pretorius wat die sewespan onder sy vlerk neem.




