Sport

Pirates klop Teine tydens langverwagte wedstryd

Teine het hul bes probeer tydens hul wedstryde teen Pirates, maar kon slegs met een oorwinning wegstap.

Die lankverwagte kragmeting tussen Randfontein Rugbyklub en Pirates Rugbyklub het Saterdag, 7 Junie, in Randburg afgespeel, maar dit was uiteindelik Pirates wat met die meeste oorwinnings weggestap het – al het Teine dapper teenstand gebied en op sekere vlakke briljant gevaar.

Die dag se aksie het afgeskop met die o.19-span, maar hul wedstryd het ongelukkig op ’n bitter noot geëindig toe Pirates ’n oorheersende 90–5 sege behaal het. Samkelo Kgoathisi het Randfontein se enigste drie van die wedstryd gedruk.

Franco Tiedt skop die bal.

ALSO READ: Jozi schools set for action-packed sport festivals this Easter weekend

Die vrouespan het ná ’n taai stryd ook ’n nederlaag van 65–5 gely. Roseanne Stewart het egter gesorg vir ’n bietjie trots deur ’n goeie drie aan te teken.

Die o.21’s het hul wedstryd met 45–14 verloor, maar kon wel ’n paar blink oomblikke hê. Lisakhanya Kiviet en Nelson Ntshwaxu het elk ’n drie gedruk, terwyl Keagan Taylor twee doelskoppe suksesvol oor die pale gestuur het. Christiaan Harmse is beloon vir sy vasberadenheid en is as Speler van die Week aangewys.

Randfontein se derde span het hul beurt gekry om glorie te smaak en het met sterk spel ’n welverdiende 24–17 oorwinning behaal.

Akhona Tsharane en Ewald Oberholzer het elk ’n drie aangeteken. Oberholzer het boonop een doelskop en drie strafskoppe geslaag. Jannie Schultz is vir sy uitstaande spel as Man van die Wedstryd aangewys.

Die tweede span het hard geveg, maar moes uiteindelik met 33–21 die knie buig. Tiaan Naudé het een drie aangeteken, terwyl Frikkie Delport twee keer agter die doellyn gaan kuier het.

Jacqone de Villiers.

Naudé het ook drie strafskoppe deur die pale gestuur. Delport is vir sy algehele bydrae as Speler van die Week aangewys.

ALSO READ: Rachelle die Super-sportvrou

Die dag se hoofwedstryd het in ’n naelskraapse riller geëindig. Die eerste span het vasgebyt tot die laaste fluit, maar is uiteindelik net-net met 20–17 geklop. Mornè Piater en Rudi Marx het elk ’n drie gedruk, en Janco Tiedt het twee doelskoppe en ’n strafskop suksesvol afgerond.

Bennie Beyleveld hardloop om ‘n drie te druk.

Teine sal weer op 21 Junie in aksie wees wanneer hulle kragte meet met Diggers Rugbyklub op dié se tuisveld. Die vrouespan sal dieselfde dag teen die Alexandra Wolves te staan kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button