Sport

Ses spelers per span, maar talle glimlagte

Die gewilde 6-aan-’n-kant Kriekettoernooi is vanjaar weer deur die Randfontein Krieketklub aangebied, waar die Mighty Sixers en die Intimidators teen mekaar meegeding het.

Randfontein Krieketklub het groot fees gevier toe hul onlangs die 6-aan-‘n-kant Kriekettoernooi aangebied het.

Die dag, 21 Junie, was gevul met krieketaksie, groot sesse en heerlike vermaak toe Mighty Sixers en die Intimidators in die finaal koppe gestamp het.

Die kompeterende gees was tasbaar en elke wedstryd het uit vyf boulbeurte bestaan met slegs ses spelers per span. Dit het vir spanningsvolle oomblikke vol vermaak gesorg.

Die Intimidators het met uitstekende kolfwerk as die oorwinnaars uit die stryd getree danksy Tertius Bootha wat 25 lopies aangeteken het van 16 balle. Johan Mahne het ook ‘n groot bydra gelewer met sy vinnige 23 lopies van slegs agt balle.

“’n Groot dankie aan almal wat bygedra het. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die 2026-toernooi!” het klubwoordvoerder Marsha Coetzer uitgedruk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button