Sport

RAM o.11-krieketspan blink uit in Superreeks-triomf

Laerskool Randfontein se krieket- en hokkiespelers het gedurende die skoolvakansie gewys waarvan hulle gemaak is. Die o.11-krieketspan het veral uitgeblink en met 'n trofee huis toe gekom.

Terwyl ander leerders die afgelope skoolvakansie lekker ontspan het, het Laerskool Randfontein se D2-hokkiespelers en o.11-krieketspan hard gewerk om kampioene te word.

Volgens skoolwoordvoerder Annie Nolan het die o.11-krieketspan op toer na Jubaweni gegaan en die ander spanne behoorlik ore aangesit. Hulle is uiteindelik as wenners van die Superreeks aangewys.

“Met sonskyn op hulle gesigte en vasberadenheid in hul harte het elke seun die veld betree met trots en passie. Ons o.11-span het soos ware kampioene gespeel – onoorwonne deur die hele toernooi,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle spanwerk, sportmanskap en deursettingsvermoë gewys het dié manne kan nie net bal slaan nie, maar ook ’n stempel afdruk.

“Rammies, ons is ongelooflik trots op julle.”

Die D2-hokkiedogters, Kiara Smyth en Lelo Baloyi, het aan die Northern Regional-toernooi op die Noordwes-Universiteit se gronde deelgeneem.

In die semi-finaal het hulle gelykop gespeel teen Mpumalanga. Die wenner is bepaal deur ’n ‘eight seconds shoot-out’. Ná vyf rondtes was dit steeds gelykop. In die ‘sudden death’-rondte het hulle egter met een doel verloor.

Die laaste wedstryd, vir die derde plek, was teen Limpopo. Weereens het dit gelykop geëindig, maar tydens die ‘shoot-out’-rondte het hulle Limpopo 3–1 geklop.

“Kiara, Lelo en spanmaats, baie geluk met julle bronsmedalje! Dit is ’n pragtige prestasie. Ons sien uit na die hokkieseisoen wat nou-nou begin!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button