Sport
20 karpe en groot trots vir Randfontein danksy Springbok Baits
Springbok Baits Sosiale Klub het groot karpe gevang en Randfontein se hengelvlag hoog laat wapper in Potchefstroom.
Die Springbok Baits Sosiale Klub het die naweek van 19 tot 20 Julie weer die viswaters aangedurf en Randfontein se naam trots hoog gehou.

Pieter Schemel, een van die stigterslede van die klub, het vertel dat hy en sy vrou, Suzette, altesaam 20 karpe gevang het, waarvan nege tussen 4.2 kg en 6.6 kg geweeg het.

Verder het die klubvoorsitter, Rudie Dreyer, en Mark Mans ook hul slag gewys. Rudie het ’n vis van 5.5 kg uitgekatrol, terwyl Mark met ’n 6.5 kg-vis gespog het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



