Sport

Randfontein se eerste span oorrompel UJ met spogvertoning

Randfontein Rugbyklub se eerste en derde spanne het sterk vertonings teen UJ gelewer en wegholoorwinnings behaal.

Randfontein Rugbyklub se eerste span het die koppe laat draai ná ’n indrukwekkende oorwinning van 52–38 teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) op 26 Julie.

Vir die Teine was die oorwinning soet – hul tweede sege teen UJ vanjaar ná ’n wegholsege van 49–26 in Junie.

Wessel van Staden, Franco Schutte, Swys Pretorius, Dylan Viviers, Jacqone de Villiers en Michael Tolmay het elk ’n drie gedruk, terwyl Ruan du Toit met twee drieë spog. Tiaan Naudé het ses doelskoppe oor die pale gestuur. Van Staden is as man van die wedstryd aangewys.

Bennie Beyleveld.

Nog ’n Teine-span aan die wenkant was die derde span, wat met 39–14 geseëvier het. Mpho Tjale, Akhona Tsharane, Simphiwe Khumalo en Anele Dambula het elk een drie gedruk, met Desire Serepelele wat twee keer oor die doellyn is. Ewald Oberholzer het drie doelskoppe én ’n strafskop oorgeklits. Lesley Qamba is as man van die wedstryd aangewys.

Teine moes egter ook drie nederlae verwerk.

Jacqone de Villiers.

Die o.19-span het 24–10 vasgeval, terwyl die o.21’s met 68–3 swaar gekry het. Die tweede span moes ook die knie buig met ’n telling van 39–14.

Die Teine se volgende wedstryd is tuis teen die Universiteit van die Witwatersrand op 2 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button