Sport

Vyf uit vyf! Teine wys Wits wie’s baas op die rugbyveld

Randfontein Rugbyklub is trots op al vyf hul spanne wat triomfeer het teen Wits in ’n kragtige ligavertoning.

Al vyf spanne van Randfontein Rugbyklub het die afgelope naweek in hul ligawedstryde teen die Universiteit van die Witwatersrand se spanne oorheers.

Vir Teine was dit nóg ’n veer in die hoed, nadat hulle ook die vorige week goeie sukses teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) behaal het.

Die wedstryde het wel met ’n naelbyt begin, toe die o.19-span met slegs een punt die oorwinning behaal het – 19–18. Zac Smith, Kgoshi Sebati en Afrikha Diago het elk ’n drie gedruk, terwyl Zac Smith en Nhlanhla Sibisi vir die doelskoppe gesorg het. Junaid Fortuin en Malani Mathebula is as Menere van die Wedstryd aangewys.

Die o.21-span het hul krag gewys met ’n spogtelling van 39–17. Hendrico Bester en Lisakhanya Kiviet het elk twee drieë aangeteken, terwyl Keagan Taylor, Themba Zulu en Junior Kwinda elk een drie gedruk het. Keagan Taylor het boonop twee doelskoppe verwerf. Hendrico Bester en Lisakhanya Kiviet is as Menere van die Wedstryd benoem.

Sims Ngcutha vang die opponent vas.

Die derde span het die momentum voortgesit en Wits met 41–10 geklop. Bandile Molema, Jannie Schultz, Devan Viljoen, Eugene Willemse, Trevor Chauke, Ewald Oberholzer en Mpho Tjale het elk een drie gedruk. Ewald Oberholzer het twee doelskoppe behaal en Theo Calitz een. Jannie Schultz is as Man van die Wedstryd aangewys.

Daar was groot rede tot fees toe die tweede span met ’n 32–17 oorwinning spog. Christo van Emmenis en Devlin du Preez het elk een drie gedruk, terwyl Frikkie Delport met drie drieë uitgestyg het. Steff Calitz het twee doelskoppe én ’n strafskop aangeteken. Frikkie Delport is as Man van die Wedstryd benoem.

Die eerste span het nie teleurgestel nie en die Wits-studente met ’n klinkende 65–33 oorwinning kafgedraf. Dewalt Sonnekus, Ruan du Toit, Dylan Viviers, Jacqone de Villiers, Bennie Beyleveld, Franco Schutte, Michael Tolmay, Mornè Piater en Lwando Khawuleza het elk een drie gedruk, terwyl Wessel van Staden twee drieë aangeteken het. Rudi Marx het een doelskop behaal en Tiaan Naudè vier. Franco Schutte is as Man van die Wedstryd aangewys.

Teine se volgende kragmeting is op 15 Augustus teen die studente van die Noordwes-Universiteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button