Sport

Drie Riebeeckrand-spanne in SDC Noordvaalbeker finaal

Drie Riebeeckrand-spanne sal in aksie wees in die finaal van vanjaar se Noordvaalbeker.

Drie rugbyspanne van Hoërskool Riebeeckrand is gereed om môre, 23 Augustus, die Noordvaalbeker (Groep 3-afdeling) finaal aan te durf en die beker huis toe te bring.

Volgens skoolwoordvoerder Diana Nel skop die dag se aksie om 08:30 af wanneer Riebeeckrand se o.14-span teen Hoërskool Linden speel.

Om 09:30 draf die o.15-span die veld op teen Hoërskool Bastion van die Wes-Rand.

Die hoogtepunt volg om 12:00, wanneer Riebeeckrand se eerste span teen Hoërskool Vryburg kragte meet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button