Sport

Jong bokser veg vir sy plek in die son

Na ’n jaar van harde werk en toetse in die kryt, is Kyle Louw gereed om weer te wys wat in hom steek by sy volgende toernooi.

Die 20-jarige Kyle Louw van Toekomsrus is al meer as ‘n jaar lank lid van die Randgate Boksklub en wys geen teken dat hy binnekort gaan ophou nie.

Met toewyding en harde werk het hy reeds oorwinnings behaal en waardevolle ervaring in die ring opgedoen.

Kyle vertel dat sy liefde vir die sport begin het toe hy as kind boks op televisie gekyk het. Nadat hy bokskampioene soos Floyd Maywea-ther gesien het, het hy besluit om self die handskoene aan te trek.

Kyle Louw is reg om <br />homself te bewys.

“Ek geniet dit die meeste om op die sakke te oefen, want dit versterk my arms, skouers en bene,” sê hy.

Hy het al aan twee kompetisies deelgeneem – een gewen en een verloor. Hy het die afgelope naweek ook aan ‘n toernooi deelgeneem, maar die uitslae was nie teen

druktyd beskikbaar nie.

Kyle oefen twee keer per dag, by die klub én by die huis, en gebruik naweke om te rus en te herstel. “Ek is baie gelukkig by die klub,” sê hy.

“My familie is ook baie trots op my vordering tot dusver.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button