Teine-spelers en afrigters vereer na suksesvolle jaar
Na ’n jaar van harde werk en toewyding gee Randfontein Rugbyklub eer aan hul lede.
Randfontein Rugbyklub het onlangs ‘n suksesvolle prysuitdeling aangebied waartydens spelers, afrigters en bestuur erkenning ontvang het vir hul harde werk deur die jaar.
Die bemarkingsbeampte, Rika Rabe, het aangedui dat dit ’n besondere geslaagde geleentheid was en dat almal die aand opreg geniet het. Sy het veral klem gelê op die derde span se prestasie, wat die semi-finaal van die Castle Lager Groot Uitdaag-reeks bereik het. Wessel van Staden is aangewys as die Spelers se Speler van die Jaar en het ook sy erekleure verwerf.
Ander prestasies sluit in:
• Alwyn Lee – Afrigter van die Jaar
• Juan Maritz – Erekleure
• Mees verdienstelike en beste presterende span – derde span
• Lees ook: Rugbyklub vergader oor visie, missie en verandering vir 2026
Beste spelers van die jaar:
• Damespan: Angelique Botha en Anelisa Xhomiyeza
• o19-span: Dylan Jacobs en Zac Smith
• o21-span: Christiaan Harmse en Wesley Nyariya
• Derde span: Lesley Qamba en Jannie Schultzs
• Tweede span: Xander Barnard en Frikkie Delport
• Eerste span: Morne Piater en Michael Tolmay
Rika het verder genoem dat die klub uitsien na ’n suksesvolle seisoen in die komende jaar, met die doel om selfs groter hoogtes te bereik.
“Ons wil graag weereens ’n besondere woord van dank rig aan al die afrigters, spanbestuurders, die komitee en die spelers vir hul harde werk en toewyding die afgelope jaar,” het sy afgesluit.















