MotoringSport

Nuwe komiteelede gekies, opgradering op die spyskaart vir Teine in 2022

Die konstituering, bekragtiging van die notule, sake voortspruitend uit die notule, finansiële verslag, verslag van die voorsitter, verkiesing van ampdraers en mosies is bespreek.

Die Randfontein Rugbyklub het die jaar op ‘n hoë noot begin toe hulle op Maandag, 10 Januarie hul algemene jaarvergadering (AJV) in die klub se saal gehou het.

Die konstituering, bekragtiging van die notule, sake voortspruitend uit die notule, finansiële verslag, verslag van die voorsitter, verkiesing van ampdraers en mosies is bespreek.

Johan Cronje is herverkies as voorsitter van die klub vir die volgende drie jaar, en Lulu Kleyn is verkies as klubbestuurder vir die volgende drie jaar.

Voorsitter Johan Cronje praat tydens die vergadering. Foto: Michelle Roodt.

Die komiteelede:

• Etienne Viljoen
• Francois Joubert
• Keith Flynn
• Michael Grobler
• Rhyno Henning
• Roland Hopkins
• Theuns Pieterse
• Willem de Beer

Buitekomiteelede:

• Alex Wray
• Naas Schutte
• Sieg Kruger
• Pieter Classen

Daar is twee Klubkapteine verkies:

• Henry Combrink
• Jan Kleyn

Poste wat nie verander het nie:

Visevoorsitter:

• Cornè Hulme

President:

• Jannie van Loggerenberg

Visepresident:

• Billy Vermeulen

Kroegbestuurder:

• Rudy Janse van Rensburg

Hennie van Eck het bedank as tesourier en Andrè Pretorius sal nou daardie pos vul.

Klubbestuurder Lulu Kleyn het vertel dat Hennie nou voltyds sal konsentreer op sy pos as Direkteur van Rugby.

Klubbestuurder Lulu Kleyn. Foto: Michelle Roodt.

Johan het genoem dat daar groot verwikkelinge was in 2021 waarop hulle in 2022 gaan verbeter.

Die toestand van die velde en die spelers is baie goed, en ons kan net nog verbeter daarop. In 2022 wil ons meer konsentreer om die kroegarea op te gradeer, nog verkoelingsisteme in plek te kry, en nog ‘n paar TV’s te kry.”

Hy het ook almal bedank wat ‘n bydrae gelewer het tot die klub.

Johan het verduidelik dat die Junior en Senior Komitee saamsmelt om mekaar te ondersteun, en dit Hennie se taak as direkteur is om die strukture in plek te sit.

“Die Here was baie goed vir die senior klub in 2021 en ons wil die junior klub ook onder die Here se leiding plaas in 2022. Ons sou dit nie sonder ons Vader daarbo kon doen nie. Dankie vir die komitee en spelers wat die klub bygestaan het en hul vertroue in my geplaas het. Ek glo en vertrou dat dit deur die Here se genade is dat ons sukses behaal het in die klub,” het Johan afgesluit.

Hennie van Eck, direkteur van rugby. Foto: Michelle Roodt.
Lede wat die vergadering bygewoon het. Foto: Michelle Roodt.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button