KidsPre-School
Vroeë Paasfees vir bejaardes danksy Ramkriekies-kleuters
Ramkriekies Kleuterskool het onlangs bejaardes van Vriendskaptuiste met Paaseiers bederf.
Homelake — Die kleuters van Ramkriekies Kleuterskool het besluit om op Donderdag, 23 Maart vir die inwoners van Vriendskapstuiste te gaan bederf voor Paasfees.
Also read: Crafting with your preschoolers: Make a small felt purse

‘n Onderwyser by die kleuterskool Annalie Grobbelaar het vertel dat almal met opgewondenheid in die skoolbus gery het na die aftree-oord.
Also read: The importance of a preschool education

“Daar het ons ‘n Paasverhaal voorgedra en ook vir die inwoners Paaseiers uitgedeel. Die inwoners het dit so geniet,” het sy gesê oor die oggend.




