Little Angels-kleuters vier heerlike Paasfees
Die kleuters van Little Angels Dagsorgsentrum het 'n week lank Paasfees gevier. Natuurlik het die paashaas hulle ook kom besoek.
Die kleuters van die Little Angels Dagsorgsentrum het onlangs Paasfees gevier waar hulle na stories geluister asook ‘n verrassende besoek deur die paashaas ontvang het.
Lees ook: Vroeë Paasfees vir bejaardes danksy Ramkriekies-kleuters



Skoolhoof Chevonne Buitendag het vertel dat Paasfees vir ‘n week lank gevier was en het kleuters aan verskeie aktiwiteite deelgeneem.
Lees ook: Liefde blom by Melktandjies Kleuterskool ter viering van Valentynsdag



“Ons het ook foto’s van ons maats geneem met ‘n agtergrond wat lees: Jesus is the reason for the season.



“Little Angels Dagsorgsentrum wil aan elke kleuter en ouer dankie sê. Dit is ‘n skool wat die gemeenskap wil wys wys liefde is. Elke kind in ons sorg se liggies skyn vir Jesus en ons is baie trots daarop.”



