Sterbelaaide verhoog wag op Gouefeesgangers
Van Steve Hofmeyr tot Bernice West – die Gouefees-verhoog is gereed vir ’n goue naweek van 27 Februarie tot 1 Maart.
Die Randfontein Publisiteitsvereniging (RPV) en die organiseerders van die 2026 Randfontein Gouefees het die amptelike vermaakprogram vir die driedaagse fees bekend gemaak.
Hierdie splinternuwe fees, wat vanaf Vrydag, 27 Februarie tot Sondag, 1 Maart by Above All Functions in Lazarweg, Ooster AH plaasvind, vier Randfontein se ryk goudmyn-erfenis en beloof ’n naweek vol musiek, vermaak en gesinspret.

Vrydag:
Die amptelike opening vind om 18:00 plaas, gevolg deur die prysuitdeling van die top drie stalletjies om 18:05. Die aand se program is soos volg:
• 18:30 – Tanya V
• 18:50 – Pom-pom- en cheerleading-kompetisie (met Tanya V as seremoniemeester)
• 19:30 – Eloff
• 20:50 – Lunae Lane Band saam met Tanya V


Saterdag:
’n Propvol dag van vermaak wag op feesgangers:
• 11:00 – Bernice West
• 12:20 – Tanya V
• 12:50 – Bee Bee die By
• 13:40 – Ontmoet-en-groet met Bee Bee die By
• 16:25 – Chris Steyn
• 17:35 – Heuning
• 18:40 – Senior Pom-pom-wenners
• 18:50 – Dodo
• 20:00 – Steve Hofmeyr
• 21:15 – Droomsindroom
• 22:35 – Lunae Lane Band
Sondag:
Die fees sluit af met:
• 11:10 – Franna Benade
• 12:25 – Ghapi
• 13:55 – Appe

Benewens die musiekvermaak kan besoekers uitsien na biertuine, ’n pretpark, kosstalletjies, uitstallings, ’n trou- en matriek-ekspo, asook ’n veilige Kidzone met talle aktiwiteite vir kinders.
Feestye:
• Vrydag en Saterdag: 08:00 tot 23:00
• Sondag: 08:00 tot 16:00
Toegangskaartjies is by die hek beskikbaar, met spesiale voorverkoopkaartjies via Computicket en plaaslike uitlaatpunte.


Die organiseerders nooi die gemeenskap hartlik uit om saam fees te vier.
“Kom vier saam – of dit nou vir die musiek, die sport, die kos of bloot vir die geselskap is. Die Gouefees beloof om herinneringe te skep wat goud werd is,” sê Matiam van Vuuren van die RPV.
Lees hier: Historiese oorwinning vir krieketklub se dogters



