Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Brullende eksodus na Dullstroom

Sowat ’n 100 motorfietse het saam na Dullstroom vertrek.

Corlia Kruger

Meer as 100 brullende motorfietse het Vrydagoggend die lang pad na Dullstroom aangepak vir die afgelope naweek se jaarlikse ‘Harley Owner’s Group‘ (HOG) byeenkoms vir liefdadigheid.

Die geesdriftige motorfietsryers het vroeg by die Zambezi Harley-klub in Zambezi-rylaan bymekaar gekom om vir die rit gereed te maak.

“Ons het nou sowat 280 lede by die Zambezi-klub en altesaam is daar oor die miljoen HOG’s wêreldwyd,” sê Wicus Coetzer, voorsitter van die klub.

Die rally is verlede jaar die eerste keer gehou en gaan nou ’n jaarlikse instelling wees. “Ons plek is reeds bespreek vir volgende jaar.”

Meer as 300 motorfietsryers en hul ondersteuners het die byeenkoms op Dullstroom bygewoon.

Die saamtrekkers het die eksodus 09:00 na Dullstroom aangepak, soos net ’n groep Harley-Davidson ryers dit kan doen.

“Dullstroom is ’n lekker plek om te wees. Die motorfietsryers geniet die pragtige roetes en ondersteuners geniet die kuier,” sê Coetzer.

Die Zambezi Harley-klub ondersteun epileptiese mediese sentrums sowel as die Helpende Hand organisasie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na [email protected] vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button