Jongeling wil deur sy musiek sy liefde vir die Here verkondig
“Om die Here te prys en te dien, is iets wat ek nie kan beskryf nie.
Ruan Griffin is nes enige ander 11-jarige – hy hou homself graag met sy lego-blokkies besig, is gek oor krieket en luister musiek in sy kamer.
Maar een ding wat Ruan nie skroom om te doen nie, is om sy liefde vir die Here wyd en suid te verkondig.
Dié 11-jarige het verlede week saam met die span van Dare2Love vir die verpleegpersoneel en dokters by Life Wilgers-hospitaal gaan bid.
“Ons is net besig om die wêreld meer van Jesus te vertel en om hierdie hospitaal op te wakker om God in die hospitaal in te spoel.
“Dit is ongelooflik hoe dankbaar die susters en die personeel vir ’n gebed is.
“Dit is ’n gevoel wat ek nie kan beskryf nie en ’n ongelooflike ervaring. Om die Here te prys en te dien is iets wat ek nie kan beskryf nie,” vertel Ruan kinderlik opgewonde.
Die groentjie het in 2018 vir die eerste keer saam met die medestigter van Dare2Love, Daryl Hardy en sy span ’n uitreik in die Middestad van Pretoria bygewoon.
Sy eerste bidsessie saam met die span was sowat drie jaar gelede.

Die seun van Laerskool Die Poort in Roodeplaat, het op een van Kameeldrift Doxa Deo se kinderkampe die Here as sy verlosser aangeneem.
Ruan is die enigste kind en woon saam met sy ouers naby Roodeplaatdam op Pebble Rock.
Sy boodskap aan Suid-Afrikaners is om sterk te staan in hierdie moeilike tyd.
“Moenie bang wees nie.
“Gebruik hierdie tyd van onsekerheid om nader aan God te leef.”
Waarom het hy so groot passie en liefde vir die Here?
“Want die Here is groot en Hy is goed vir ons.”
Sy grootste droom is om vir Suid-Afrika, deur sy liefde vir musiek, meer van God te vertel.
Ruan se pa, Pierre, sê dat hulle as ouers baie opgewonde is oor hoe die Here besig is om die jeug vir sy weermag in die tyd waarin ons leef, op te rig.
Ruan en sy oupa, Frik Grobler, doen graag houtwerk saam – hulle bou graag saam voël- en vlermuisbokse wat hulle verkoop.
Hardy sê dat hierdie seun se liefde vir die Here onbeskryflik groot is.
“Dit sit ’n glimlag op my gesig om hierdie jong seun te sien wanneer hy die Here loof en prys vir sy groot genade.”
Do you have more information about the story?
Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
