Hoërskool Garsfontein se rugby-ontbyt weer suksesvol
Die Hoërskool Garsfontein se jaarlikse rugbyontbyt by die Stone Cradle restaurant is vanjaar deur Nick Mallet toegespreek en deur byna 500 gaste bygewoon.
Die Hoërskool Garsfontein se rugbyafrigters en -organiseerders saam met die gasspreker op hul jaarlikse rugby-ontbyt. Agter, van links staan Neels du Plooy, Willie Vorster, Gustav Theunissen, Nic Mallet, Waldo Prinsloo, Kobus Vorster, Retief Smith en Ijean Louw. In die middel is Wolla Prinsloo. Voor sit Francois de Kock, Johan de Vaal, Leon Bantjies (skoolhoof) en Drikus Viljoen.
Die Hoërskool Garsfontein is een van die hoërskole in Pretoria wat die afgelope paar jaar die grootste vordering gemaak het op die sportveld. Al die skool se rugbyspanne tel deesdae onder die bestes in hul liga en die skool se eerstespan is die afgelope seisoen gereken onder die tien beste skolespanne in die land.
Hoërskool Garsfontein se jaarlikse rugbyontbyt lok elke jaar byna 500 gaste wat kom luister na ’n bekende spreker. Vanjaar was geen uitsondering nie en die ontbyt, wat verlede Vrydagoggend by die Stone Cradle restaurant naby die Rietvlei Dam aangebied is, was weer ’n reuse sukses. Die rugbypersoonlikheid, Nick Mallet, was vanjaar die spreker.
Fred van Niekerk (links) van McCarthy Toyota het gesorg dat die rugbypersoonlikheid, Nick Mallet (regs) veilig van die lughawe na die ontbyt vervoer word, waar hy die gaste toegespreek het.
Die Goue Leeus se hulpafrigter, Swys de Bruin (links) en dié span se tegniese analis, JP Ferreira.
Die gasspreker by Garsfontein se rugbyontbyt, Nick Mallet, diep in gesprek met die Blou Bulle se Curriebeker afrigter, Pine Pienaar.
Die oud Springbok senter, Michael du Plessis (regs), was een van die talle bekende oud-rugbyspelers wat Garsfontein se rugby-ontbyt bygewoon het. Hier kuier hy saam met een van die skool se ouers en rugby-ondersteuners, Coenraad Theunissen.
Die bekende politikus en oud-minister, Roelf Meyer (links), is jaarliks een van die bekende gesigte by die Hoërskool Garsfontein se rugby-ontbyt. Hier is hy saam met die skool se sporthoof, Retief Smith.
Die Hoërskool Garsfontein se rugbyafrigters en -organiseerders saam met die gasspreker op hul jaarlikse rugby-ontbyt. Agter, van links staan Neels du Plooy, Willie Vorster, Gustav Theunissen, Nic Mallet, Waldo Prinsloo, Kobus Vorster, Retief Smith en Ijean Louw. In die middel is Wolla Prinsloo. Voor sit Francois de Kock, Johan de Vaal, Leon Bantjies (skoolhoof) en Drikus Viljoen.
Leon Bantjies, hoof van die Hoërskool Garsfontein (links) kuier saam met At Oosthuizen, hoof van die Laerskool Constantia Park (middel) en Michael Combrinck, hoof van Laerskool Witpoort (regs).
Gustav Theunissen, een van die hooforganiseerders van Hoërskool Garsfontein se rugby-ontbyt (middel) saam met twee bekende oud-rugbyspelers. Links is die gewese agtsteman van die Cheetahs, Rayno van der Merwe en regs die huidige afrigter van die Goue Leeus, Johan Ackermann, wat ook ’n ouer by dié skool is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!