Community galleriesGalleries

Laerskool Villieria se nuwelinge opgewonde oor eerste dag

Trane was min tussen die Graad 1’s by Laerskool Villieria.

Andrea Küsel

Opgewonde gesiggies, nuwe skoolskoene en groot skooltasse was te sien by Laerskool Villieria se graad 1-klasse van 2016.

Talle graad 1-leerlinge het Woensdag hul eerste dag van “groot skool” by dié laerskool getrotseer.

Daar was min trane te sien en meeste van die nuwe leerlinge was heel tevrede met hul nuwe onderwysers.

Graad 1-graadhoof, Regina Bothma, sê ouers word aangemoedig om nie te lank by hul kinders te bly nie.

“Gisteraand het al die nuwelinge en hul ouers klaar in hul klasse bymekaar gekom en dit maak dat hulle vandag rustiger is.”

Dit lyk asof 2016 ‘n goeie jaar gaan wees vir dié groep.

Sien foto’s van Graad 1-leerders van laerskole regoor die Moot hier:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button