Local newsNews

Getooi in rooi vir die aand

'n Aand vol skoonheid, bederf en vermaak het vir 'n groep vroue weer nuwe betekenis gegee in vrouwees.

‘n Lekker bederf vroue-aand by Stone Cradle in Centurion het verseker dat elke vrou wat dit bygewoon het weer op ‘n spesiale manier na haarself kyk.

Wyn is geproe en hande is vertroetel. Die vroue, getooi in rooi, het hul palette gestimuleer met die gesogte verskeidenheid wyne van Meridian Wine Merchants.

Vir ‘n verdere bederf, is almal se hande deur die skoonheidsterapeute van L’Aquila, ‘n spa in die ooste van Pretoria, vertroetel.

Sensasionele items van The Bedroom is ook ten toon gestel en die vroue kon fyn items aankoop vir die slaapkamer.

Die vroue is betower deur ‘n jong opkomende kunstenaar en Sondag-koerant se sterwenner, Kobus Crafford.

Lizz Meiring het die aand opgekikker met haar skaterlag sketse en skerp sin vir humor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button