CrimeLocal newsNews

Man kritiek na skietvoorval

n Man van Suiderberg is in 'n kritieke, maar stabiele toestand in die Kalafong-hospitaal nadat hy in die maag geskiet is.

’n Man is in ’n kritieke, maar stabiele toestand in die Kalafong-hospitaal nadat hy Woensdagaand deur ’n vermeende rower in die maag geskiet is.

Volgens Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het die Hercules-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) hulle omstreeks 20:00 ontbied waar hulle die gewonde man in ‘n badkamer ontdek het.

Die skietvoorval het in Suiderberg plaasgevind.

Loubser het gesê dat hulle die man op toneel gestabiliseer het waarna hulle hom na die Kalafong-hospitaal gehaas het.

Die Hercules-polisie het teen druktyd geen terugvoer rakende die skietvoorval verskaf nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button